Annique-kruietees: rooibos en kruie-kombinasies
Groen Rooibos
Groen Rooibos is ongefermenteer en verskaf 10 keer die antioksidante en 10 keer die flavonoïede, aspalatien, wat ook ’n noodsaaklike rol speel om die liggaam te vernuwe. Vernuwe jou liggaam en vel van binne.
Sensitiewe en probleemvel verkry verligting deur af te spoel of aan te sproei.
Maag tee
Bevat Mentha Longifolia ’n kragtige antiseptiese middel en is nuttig in die behandeling van hoof- en maagpyn.
Dit word ook gebruik vir brongiale infeksies, koors, verkoues en algemene maagprobleme soos slegte spysvertering.
Blaas-en-Niere tee
Hierdie tee bevat Barosma Betulina Boegoe*. Boegoe is ’n aromatiese, antiseptiese middel wat sinus, koors, bloedsuiker fluktuasies en waterterughouding verlig.
*Swanger en borsvoedende vroue moet nie boegoe drink nie.
Nagrus tee
Melissa blare (Melissea Folium) bevorder rustige slaap. Die melissa kruid is bekend vir sy antiseptiese eienskappe en kalmerende, antidepressant uitwerking.
Gebruik in die behandeling van histerie en slaaploosheid.
Ontspanningstee
Rooibos met wilde jasmyn (Jaminum Multipartitum) is uitstekend om ’n mens na ’n stresvolle dag te laat ontspan.
Verskeie hospitale gebruik hierdie tee om pasiënte te laat ontspan sodat hul ’n noodsaaklike nagrus na die trauma van ’n operasie kry.
Stoelgang tee
Sennea Folium* word gekombineer met Rooibos om verligting vir slegte spysvertering te bring. Ook nuttig om aknee en ingewandsparasiete te behandel.
*Swanger vroue mag senna slegs gebruik na konsultasie met hul gesondheidsorgpraktisyn.
Detokstee
Die voordele van gemmerwortel is baie goed nagevors. Gemmer is ideaal vir verligting van gewrigspyne, menstruasiekrampe en selfs liggaamsreuke.